Winskopies op Namibië-radiostasie se aanlyn veiling

Argieffoto (Foto: Tanja Wilbertz/Pixabay)

As jy al in Namibië gekuier het, het jy waarskynlik Kanaal 7 op die radio gehoor. As jy in Namibië woon, luister jy waarskynlik gereeld na Kanaal 7. Dié gemeenskapsradiostasie is welbekend in Namibië!

Kanaal 7 is Namibië se grootste privaat gemeenskapradiostasie. Die primêre doel is om die boodskap van hoop, gefundeer in Christus die Verlosser te verkondig.

Kanaal 7 is volledig selfonderhoudend. Die radiostasie se enkele grootste fondsinsameling is ʼn aanlyn veilingprojek. Beplan jy om in Namibië te kom kuier of hou jy daarvan om winskopies uit te snuffel? Op hierdie webwerf kan jy kies en keur waar jy wil vakansie hou en in die proses ondersteun jy Kanaal 7.

Daar is ook legio ander items om jou smaak te geval. Teken in en word deel van ʼn heerlike saamkuier in die skadu van ʼn Namib-duin!

Deelname is gratis, sonder enige verpligting, maar maak gou – die veiling sluit Saterdag, 3 Augustus 2019, om 12:00.

Klik hier om jou winskoop vir 2019 aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.