Soorte resepte:

4-stap-sysagte-skons

Ek het hierdie resep by my ouma gekry. Sy glo vas dat ‘n mens altyd gereed moet wees om onverwagse gaste met ietsie lekkers te verwelkom. Daarom het sy altyd die bestanddele vir hierdie vinnige en maklike sysagte-skons in haar koskas. Nou het ek ook die gewoonte aangeleer en dit het al telkens handig te pas gekom. Heerlik saam met stroop en kaas!!

Bestanddele:
1 klein pakkie bruismeel (250g)
1 koppie room (250ml)
1 blikkie sprite (330ml)
1 knippie sout

Metode:

  1. Sif die bruismeel en sout saam in ‘n bak.
  2. Roer die room rofweg met ‘n vurk by die meelmengsel tot krummelrig
  3. Gooi die sprite baie stadig, sodat al die gas nie ontsnap nie, by die meelmengsel en vou dit saggies in.
  4. Spuit ‘n muffin-pan met kleefwerende middel / smeer met botter/margarien
  5. Bak vir ongeveer 30 minute (afhangend van die grootte muffinpannetjie) tot ligbruin van kleur.

Wenk: Moenie Sprite Zero gebruik nie!

Ingestuur deur: Moira-Marie Kloppers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Die naam van hierdie skons is in die kol, ek het nog nooit ‘n sagter muffin/skons self gemaak nie:-) Ek het dit probeer en dit is ‘n wenner!!

Moira-Marie Kloppers ·

Ek het onlangs hierdie resep as basis gebruik vir die lekkerste mieliebrood onder die son! Vervang die room net met ‘n blikkie roommielies (sweet corn) en voilla!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.