Soorte resepte:

Al meer SA’ners kies veganisme

Deur: Janie Monsieur

Al hoe meer Suid-Afrikaners het in die afgelope 12 maande verkies om nie vleis te eet nie, óf om vleisalternatiewe te gebruik.

Volgens Willie Peters, algemene bestuurder van bemarking by Checkers, het hulle ʼn toename ervaar in klante wat vra vir veganistiese of plant-alternatiewe tot vleis.

“Die vraag na veganistiese, plantgebaseerde, vleis- en suiwelvrye opsies groei toenemend. Of klante nou streng veganisties is of net hul vleisinname wil verminder, ons probeer om in almal se behoeftes te voorsien,” sê Peters.

ʼn Veganistiese dieet behels dat jy geen vleis of ander diereprodukte eet nie. Veganiste bly dus weg van suiwel, eiers, heuning en vis.

Suid-Afrika is die enigste Afrika-land wat ʼn beduidende aanhang vir veganisme toon, volgens Google se data-giere. The Economist het 2019 selfs as “Die jaar van die Veganiste” verklaar, en vanjaar neem dié gier nog meer toe.

Volgens Google se navorsing is Suid-Afrika een van die voorste 30 lande ter wêreld waar veganisme oor die afgelope jaar die gewildste was. Die Wes-Kaap en die Oos-Kaap het die hoogste konsentrasie veganiste.

Stellenbosch in die Wes-Kaap het volgens Google die meeste veganiste, gevolg deur Randburg, Kaapstad, Sandton en Port Elizabeth.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

MH ·

Dit is seker elke mens se goeie reg om te kies wat hy of sy wil eet maar ek kan my net nie indink dat ek en my vrou elke naweek tamaties of pampoen moet braai nie.

Meaty Mine ·

As een se hy gaan soek ver vir vleis wat nie vol boer maak n plan- chemikalee is nie sal ek verstaan , maar die’ is n geloof onthou . Geen vleis in die dieet , lees oor nadele .

Gielie Hill ·

Ek ka nie sien dat dit enige gesondheidsvoordele inhou nie. As ‘n mens kyk na alles wat die Japanese en Chinese eet, is dit duifelik hoe groter verskeidenheid voedsel jy inneem hoe beter vir jou. Japan en China het die hoogste gemiddelde IK in die wêreld asook die langste gemiddelde lewensduurte met Japan heelbo op 84+ in ouderdom.

RP ·

Om Asiese IK te korreleer met hul dieet is n blatante vereenvoudiging van ‘n baie komplekse fenomeen. Lees die boek Outliers. Hulle is goed met wiskunde omdat hul taal dit toelaat (optel en aftrek is makliker, die woorde is ook korter) en omdat hulle ‘n sterk werksetiek het (dit vat baie harde werk om rys te groei). Dit is dus in hul in geweef.

Johan Venter ·

As mens na die prys van vleis in die land kyk is dit geen wonder nie.

Penellope Jones ·

En dan een van die dae het die aarde uit groente en vrugte gehardloop en dan wat?
Verhouding tussen produsent en gebruiker is die knyptang.
Die mense word al hoe meer, boere kan nie byhou nie en bye kan ook nie byhou om genoeg bestuiwing te doen nie.
Die GROOT probleem is – Te Veel Mense.

Kolonel ·

So jy reken ons moet mense begin uitdun om die groente en vrugte te beskerm?

Salamander ·

Nee kolonel, begin mense uitdun om die mensdom te beskerm!

Fritz ·

Vra ‘n bestuurder van ‘n kettingwinkel groep wat verkies Suid-Afrikaaners. Hoe wetenskaplike kan dit nou wees!

George in Bloem ·

Nee wat,hou maar gerus verby. Hier in die Vrystaat is en sal rooivleis altyd koning bly.

Hans ·

Wel met die prys van kos is dit eenvoudig: vleis of groente, so maklik soos dit

Johan Venter ·

Mens het nie keuse nie, as gevolg van die pryse van vleis moet mens net eenvoudig die vleisinname verminder. In plaas van twee tjoppies, eet mens nou maar een, skaapboud is heeltemal uit, veral teen die prys van oor die R150-00 per kilo, ek kan nie onthou watter jaar laas het ons ‘n skaapboud gekoop nie. Ons koop maar so hier en daar ‘n pakkie van ‘n paar verskillende snitte, wors, maalveis, hoender en vis. Ons is baie lief vir groentes, eet baie gabalanseerd, maar ek het ook met die tradisionele aartappels, reis en vleis grootgeraak. Kyk wat kos hoender deesdae, vark, bees. Ons het jare laas ‘n potbraad gehad.

Johan Venter ·

Maar niks is lekkerder as die vuur se vlamme so staan en mens ruik die braaihout nie, hardekool, mopanie, wingerstompe, rooikrans. En natuurlik die geur van speserye op die braaivleis. Man, wat kan dan nou lekkerder wees as die natuur se geluide dit skemeraand komplimenteer!

Hennie ·

As jy vleis koop by ‘n supermark is daar in elk geval iets fout met jou.

Nika ·

Nee dankie groente is n bykos, daar is niks so lekker soos n fillet of rump op die vuur, n lekker stokvis in die oond met regte botter, gekookte rooibok bosstuk op n reendag, lamsbout vir Sondag middag met die gesin of n lekker stukkie bacon met eiers op n saterdag oggend en heuning oor jou plaat koekies met bietjie vars room. Die lewe is kort en onaangenaam genoeg hoekom moet mens dit vererger om net groente en slaai blare te eet?

Siener ·

@Nika, Stop jy maak my Honger. Ek het 4 x frieskaste waarvan 2 vir wild is. Vir bykosse wat te doen het met groete sal ek iewers ‘n hoender of twee inwerk.

AndrewL ·

Groente uit ons eie tuin proe nog soos groente. Maar ek is dankbaar vir hulle wat nie meeding om vleis nie, dis reeds duur genoeg en om vleis sonder chemikalië te kry is nog duurder.

Piet parys ·

Ja dit nie wat jy eet nie maar dit wat op jou bord is gebalanseerd is . Net om een persoon diere mishandel beteken nie almal doen dit nie
Gaan kyk maar hoeveel gifstowwe word gebruik om groente te verbou en dit alles net om die mense wat anti vleis is gelukkig te hou . Doen maar navorsing daar is nie iets wat totaal ” groen ” is nie Alles het een of ander nadeel maar die voodeel is dat die boere na alles sorg dat daar voedsel is om te eet . Die wereld is oorbevolk.

Greta ·

Vegans is baie slim … kerm oor vleis maar koop peperduur verwerkte goedere wat soos vleis proe. Verwerkte kos is die grootste probleem… of jy ‘n vleisie wil braai of iets wat soos vleis proe, is vleis by verre die beste

RP ·

…en as jy oplet na hul klere sal jy sien hulle dra leer skoene en handsakke. Boonop weet ons nog nie watter newe effekte hierdie verwerkte vleis alternatiewe inhou nie. Ek sal maar my steak geniet terwyl ons besig is met trial and error.

Suzette ·

Nee wat, hou maar verby. Ons het ons eie groente tuin, hoenders, ganse en koop bees, skaap, vark direk van die boer. Niks lekkerder as ‘n lekker stukkie steak van die kole met ‘n skeet pepersous daaroor nie. Njam.

Johanna Koekepanna ·

Vars groente en vrugte was voor geskryf as goed vir die liggaam in die tuin van Eden deur die Skepper. Dus ook hoekom daar die mense so oud geword het. Na die vloed is vleis aanbeveel terwyl die Plante groei weer herstel het. Dit het die mens se lewe aansienlik verkort het.

Nika ·

@Johanna, God het nie n groente offer aanvaar nie en dit was in Adam en Eva se tyd. Die Bybel sê vir jou wat jy mag en nie mag eet nie die Almagtige Vader ons Skepper het vir ons ruglyne in die Bybel gegee vir ons om optimaal te kan funksioneer. Dis vadat mense die vet en murg van vleis begin eet het dat lewens verkort is en onryne diere.

Ernie le Roux ·

Nika, as jy nou aandring daarop om aan mites te glo, probeer dan darem konsekwent wees en lees Gen 1:29-30.

Hans ·

Die winkel/slaghuis prys vir vleis is ontsettend hoog. As jy VAT uitsluit kry die boer minder as 50% van winkel pryse. Met groente en vrugte is dit ook dieselfde ding.

‘n Beter Plek vir Diere ·

Veganisme is besig om vinnig te groei. ‘n Toenemende getal mense is deesdae baie meer ontwikkeld en sien ‘n baie groter prentjie van die lewe en glo nie meer die allerhande snert wat mense uitdink om hulle leefwyse en vrese te regverdig nie. Diere word erg mishandel en op die wreedste manier denkbaar doodgemaak vir die mens en die mens se bestaan en die mens se spyskaart. Diere word selfs vir ontspanning doodgemaak onder die vaandel van sogenaamde sport.

Ernie le Roux ·

Dankie vir ‘n Beter Plek Vir Diere. Ek is so bly om hierdie verfrissende kommentaar te sien wat dui op gevorderde denke. En durf ek sê verhewe bo die selfgesentreerde verstokte lewenswyse waarin mense gebreinspoel is.

Alex ·

En jy is van mening dat plante nie lewe nie. Net omdat plante nie kan “voel” nie, is dit geregverdig om dit te pluk en lewend te eet of gaar te maak?
‘n Ander punt: Ons is deel van hierdie aarde en oral sal jy diere kry wat plante eet en diere wat ander diere eet. Moet ons dan van al die vleisetende diere ontslae raak, want dit is darem wreed as ‘n leeu so ‘n klein ou bokkie vang.
Ek stem egter saam met jou dat diere doodmaak vir sport onnodig is.

Proudly vegetarian ·

Mei hierdie jaar is ek al 2 jaar ‘n vegetarian……en vir vyna 2 jaar het ek elke vegetarian grappie, kommentaar ens gehoor. Glo my ek was baie lief vir my vleis. Biltong en droewors was my swakheid. Mense het ‘n wanopvatting oor vegetariers. Ons eet nie net gras en blare nie, inteendeel ek het nog altyd net lekker kos gemaak. My besluit was gebasseer op die manier waarop diere behandel is, vir my as diereliefhebber het dit my oe oopgemaak toe ek in diepte gaan kyk wat diere alles deurmaak om ‘n tjoppie of steak op jou bord te kry. Alle vegetariers is nie hippies wat ‘n “geloof” volg nie, en ons is nie koekoes nie. Omdat ek vleis opgegee het ter wille van my liefde vir diere het dit nooit gevoel asof ek ontneem word van iets nie. En as daar gebraai word by my huis, braai ek tog te lekker saam. Daar is soveel resepte en idees op die internet, probeer elke Maandag die “meatfree Monday” beweging. Eksperimenteer ‘n bietjie en besef dat alle lekker kos nie noodwendig vleis hoef te bevat nie. Ek is baie bly dat die supermarkte besef dat daar ‘n groot toename in plant gebasseerde leefstyle is. Kudos vir hulle. En voor jy my wil kritiseer en slegse oor my keuse om nie vleis te eet nie, onthou dat ek nie een van julle afgekraak of gekritiseer het nie.

Siener ·

Ek hou van jou brief totdat jy begin praat wat diere moet deurgaan om ‘n tjoppie op jou bord te kry. Gaan Google brietjie ” how many insects are poisoned to produce a cabbage”
Insekte soos Large cabbage white butterfly, wurms, goggas word doodgemaak deur gif sodat jy ‘n vars blaarslaai kan koop op die rakke. As jy regtig bekommerd is oor diere en insekte sal jy vleis en groentes prysgee maar dan weet ek nie wat jy verder gaan eet nie.

Nika ·

@ Siener – lag ek nou lekker ek is ook seker die mense wat so proudly vegetarian is dra nie egte leer skoene of het nie leer sakke en beursies nie want dit is ook diere wat dood gemaak word vir jou kledingstukke. Dis maar dieselfde soos mense wat klae oor klimaatsverandering maar hulle ry nogsteeds voertuie wat die lug besoedel.

Siener ·

@Nika. As vegans “Ted Nugent Vegan Bomb” google sal hulle weer vleis begin eet. Vegan is die grootste moordenaars van diere. Luister dit en besluit self.

Nika ·

@Siener,

Ek kan dit glo!!! dankie vir die info. Ek bly maar n trotse vleis eter. Ek het op n plaas groot geword, daar was nog nooit n plaas diere mishandel as hulle slagpale toe moes gegaan het nie, elke keer wat ons gaan jag het, het geen dier gely nie. Ek sien nie leeus wat gras begin eet omdat hulle jammer voel vir die bokkies nie ‘its the circle of life and I am on top of the food chain’.

Mooi so Proudly Vegetarian ·

Bravo Proudly Vegetarian, Bravo! Mag julle baie gelukkig wees. Diere moet die ergste wreedheid deurgaan vir die mens se behoeftes. Gelukkig is daar al hoe meer mense wie nie meer al die snert glo wat mense verkondig oor wat reg en verkeerd is nie. Om diere te mishandel en wreed te kasty is verkeerd.

V ·

@Proudly Vegetarian en ander wat belangstel – Linda McCartney se gevriesde veganistiese produkte is ook nou in van die supermarkte in Suid-Afrika te koop. Selfs ons klein Spar het nou ‘n goot versekeidenheid gevriesde vegatariese en veganistiese produkte.

Johan Venter ·

Maar vir R20-00 en meer per Avo, is dit ook nie meer ‘n grap nie, self by ons wat hier in die Avo-wêreld sit! O ja, en dan is dit van die ‘kleintjies’ wat so duur is. Die wat groter is kry mens by die padstalle. Verlang ek nou na daai botterpere wat so gelerig aan die binnekant is, romerig en ‘n neutsmaak het!

Wysneus ·

Weens veelvuldige voedsel allergiee was ek verplig om vir twee jaar vegan te gaan. En my liggaam het herstel.. Belangrik om seker te maak as jy bv vleis uit jou dieet haal, om dit te vervang met n ekwivalent in die groente en sade groepe byvoorbeeld. Anders sal jy dalk groter gesondheidsprobleme ontwikkel om dierepeodukte net eenvoudig weg te laat uit jou dieet.

Madeleine ·

Doen eie navorsing en wees ingelig!
Kyk dokumentere soos

THE GAME CHANGERS
FORKS ABOVE KNIVES
WHAT YOU EAT MATTERS
WHAT THE HEALTH?
PLANT PURE NATION

en jul sal self sien hoekom al hoe meer en meer mense vleis asook eiers en suiwel uit hul dieet sny.

@siener ·

Eerstens is insekte koudbloedig. Die diere waaraan jy so smul is warmbloedig en voel ongelukkig pyn van mishandeling. Ek wens ons kon ‘n verkil maak maar hoe doen jy dit teen meer as 6 miljoen “wreede” vleisvreters?

Siener ·

Wat maak Koud of Warmbloedig ‘n verskil? Dit paai net jouself.
As jy ‘n vleis eter of vegan wil wees doen dit maar stop die flou verskonings van diere wat lei en seerkry om Jagters of Vleis liefhebbers in ‘n slegte lig te plaas. Dis op die aarde geplaas om vir die mense on te gebruik. Vegans maak miljoene insekte dood met gif om groente te kry op sy bord. So kom sekere skoenlappers op die uitsterf lys want hulle word as ruspers doodgemaak met gif.

Marinette ·

Ek is al vir ‘n jaar ‘n vegan. Ek het nog nooit so gesond gevoel nie en het al 30 kg verloor. Ek kan boeke skryf oor my redes, maar dit kom op die volgende neer; Bewaar ons Aarde en ALLE diere sovêr as prakties moontlik. Moenie besighede en produkte ondersteun wat ander wesens seermaak nie. Of jy dit doen vir jou gesondheid, die omgewing of vir die diere. Ons eet nie net wortelstokkies en blare nie. Veganisme is ‘n morele keuse, nie ‘n “gier” nie en ons is definitief nie ekstreem nie. Mense raak altyd so vinnig aanvallerig oor ander mense se leefstyl keuses terwyl dit hulle GEENSINS affekteer of beïnvloed nie. Live and Let Live as jy nie saamstem nie. En as jy ‘n verandering wil maak, gaan lees op, sluit by groepe aan en maak jou kop oop vir nuwe horisonne van eet en lewe.

Veganisme ontneem jou van niks nie. Veganisme maak jou bewus van BAIE dinge wat jy van kleins af geleer het dat dit “normaal” of “tradisie” is.

Veganisme is hier om te bly. ONS is hier om te bly.

#GameChangers #Dominiom #ForksOverKnives #Earthlings

Marinette ·

@Siener As jy so besorg is oor die plante en insekte, hou op groente en vrugte eet. As dit jou cause is, go for it. Hou op gate vind in ander mense se leefstyle en beliefs.

Ps: Wat dink jy eet diere voor hulle op jou bord opeindig? Net ‘n gedagte

Siener ·

@Marinette. Die meeste Vegans val Vleis eters aan en nie anderste om nie soos wat jy ook in jou brief doen. Ek eet vleis want dis lekker en gesond. Ek is ‘n jagter wat diere doodskiet om te eet nes my voorouers voor my gedoen het en ek is trots daarop. My kinders doen dieselfde en dis ook hulle leefstyl en keuse maar jy is gou om hulle ook te veroordeel. Die lewe gaan oor keuses. Lekker sit op jou materiaal sitkamerstel want my Buffelleer stel sit lekker.

Slagter Koos ·

Hulle moet ons kinders op skool leer om groente te plant en diere groot te maak , om hulle te verbou (landbouskool) . Leer hoe om n dier te slag en groente te bewerk. Koop direk van die boer , dan kan hulle ook n lewe maak , en ons goedkoper kos op die tafel kry. Maar meeste mense eet mos net kos van woolies ens , en groente en vrugte van foodlovers market en vleis verpak in die fensieste verpakkings. Daar is so baie middelmanne wat geld maak . Seker kyk ek te veel survival programme. Party mense kan nie eers vuur maak nie , wat nog van kos kook op n oop vuur, of n lekker koppie koffie gemaak op n vuur?

ChrisE ·

Ek is trots op myself. Ek eet die gediertes wat die vegans se kos ook wil eet. So vegans as ek naby is, kan julle gerus wees, ek maai onder die gehoeftes. Ek is met oogtande gebore. Elke dier wat met oogtande geskape is, vreet vleis. Bewaar ons die dag as ‘n skaap jou dalk mag aanval en jou byt.

V en V ·

Dit is bemoedigend om te sien hoeveel lesers wat kommentaar lewer vegataries of veganisties is. Dankie tog mense se oë is besig om oop te gaan. Diere moet daagliks deur die ergste pyn en leiding gaan om in die mens se onversadigbare behoeftes te voldoen. Diere word gejag vir die lekkerte, ontspanning of sogenaamde “sport” daarvan. Mense begin al hoe meer besef dat diere ook voel.

Siener ·

Dis duidelik jy weet nie wat rondom jou aangaan nie. Geen Jagter sal net jag vir die sports daarvan nie. Wildspryse is deesdae amper in par met rooivleis en in sommige gevalle duurder. Jy praat asof ‘n jagter jag vir die sports en niks met die vleis doen nie. Jy is verkeerd. Alle vleis word benut tot die velle.
Kom ek skets vir jou die wreedheid van Vegans. Kos soorte soos blaarslaai en ander groen plante word met gif gespruit om ‘n kwaliteit produk te kry. Wurms, Goggas en insekte vrek hiervan. Paddas, skerpioene en ander diertjies eet hierdie dooie insekte en word self deur slange ge eet. Hierdie padda wat besig is om aan gif dood te gaan is die idiale speelding vir enige wilde of huis kat. Nadat hy met hom gespeel het word die padda ge eet wat op die ou einde die kat se dood veroorsaak. Daar is nog baie sanarios hoe die kringloop van diere en insekte loop.

@Marinette ·

Mag al hoe meer mense die veganistiese lewenswyse volg. Jy doen die regte ding.

'n Goeie keuse ·

Die veganistiese en vegetariese lewensstyle sal in die toekoms toenemend verkies word, selfs in Suid-Afrika.

Tjops ·

As jy na vandag se peiling oor veganisme op Maroela media kyk, is die artikel nie waar nie, 95 % verkies nog vleis….lol. Nee wat daarvoor is ‘n lamsboud of skaaptjoppie (met ‘n slaatjie) maar net te lekker!

SIOUX ·

2 jaar en 7 maande terug het ek besluit om ALLE diere produkte uit te sny. Ek het al n paar jaar geworstel met die idee dat iets dood / gemartel moet word om vir my kos op die tafel te sit. Ek het letterlik soos die sondag gese ek gaan nie meer vleis eet nie en het nog nooit weer my mond aan dit gesit nie. Mis dit glad nie.
ek besit geen leer produkte nie en my grimeering is ook vegan.
Beste besluit wat ek nog ooit geneem het.

Siener ·

Ommmm vleeeiis ttee eeet ismm. Ek ggaan eers eet dann probeer ek weerr.
Jammer my vettige vinnegers van ‘n lekker warm skaaptjoppie gly so bietjie op my keyboard

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.