Soorte resepte:

[Resep] Amerikaanse sjokoladebruintjies (brownies)

Amerikaanse sjokoladebruintjies (Foto: Clover Ekonomiese Gesinskos)

Saam met boeretroos voor die kaggelvuur sal hierdie sjokoladebruintjies heerlik in die winter wees.

12 porsies.

Bestanddele:

Sjokoladebruintjies

  • 175 g Clover Springbok-botter
  • 40 g kakaopoeier
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 175 g ligte bruinsuiker
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 115 g gekapte pekanneute
  • 50 g bruismeel

Bolaag

  • 125 g donkersjokolade
  • 25 g Clover Springbok-botter
  • 15 ml Clover-suurroom

Metode:

Bruintjies

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ʼn 20 x 20 cm koekpan met bakpapier uit.
  2. Smelt die botter in ʼn klein kastrol, voeg die kakaopoeier by en meng deeglik, verwyder van hitte en laat afkoel.
  3. Room die eiers, suiker en vanieljegeursel saam in ʼn mengbak voordat die afgekoelde kakao- en bottermengsel bygevoeg word. Meng deeglik.
  4. Voeg die gekapte pekanneute by en meng goed.
  5. Sif die meel oor die mengsel en vou versigtig in met ʼn metaallepel.
  6. Skep die mengsel uit die voorbereide koekpan en bank vir 30-35 minute. Laat die bruintjies effens afkoel voordat dit op ʼn bord uitgekeer word.

Bolaag

  1. Smelt die sjokolade en botter versigtig oor kokende water.
  2. Voeg die suurroom by en roer deur. Laat die bolaag effens afkoel en smeer oor die bruintjies.
  3. Sny in 12 blokkies op.

Uit: Clover se Ekonomiese gesinskos, Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

meraai ·

Dit lyk heerlik! Dankie Maroela vir jul resepte….wat sal ‘n vrou dan nou sonder jul doen?……….

Lee ·

Net wat die oorgewig volk nodig het dankie. Ek sien vanoggend ‘n vrou en haar maag hang onder by haar t-hemp uit. 200g botter, 175g suiker en dan nog 125g sjokolade. Pragtig.

Janie Monsieur ·

Dagsê Delia,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig. Dit moes inderdaad 115 g gewees het. Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.