Soorte resepte:

Blinde barista droom van eie koffiewinkel

Josef Matheatau (Foto: Facebook)

Josef Matheatau (Foto: Facebook)

“Ek weet dit klink vreemd, maar in my hart het ek altyd geweet ek gaan eendag spesiaal wees,” sê Joseph Matheatau, Suid-Afrika se eerste blinde barista. Hy werk al sedert 2014 by Blindiana Barista, ʼn koffiewinkel in Worcester en Suid-Afrika se eerste museum oor blindes.

Matheatau het op drie die sig in een van sy oë verloor. “Ek het as kind vir my maats gevra of hulle ook net met een oog kan sien.” Sy sig het later so verswak dat hy nie meer die woorde op die papier voor hom kon sien nie. “My gesin het gedink ek is te lui om skool toe te gaan. Die onderwysers het grappies gemaak omdat ek heel voor in die klas moes sit.” In 2010 het hy sy sig heeltemal verloor.

Blindiana Barista is ʼn projek van Kaleidoscope, ʼn nie-winsgewende organisasie wat gestig is in 1881 om vir blinde mense geleenthede te skep. Freddie Botha is die uitvoerende hoof van Kaleidoscope en noem die koffiewinkel “ʼn droom wat waar geword het.”

Botha se hulle wil graag in die toekoms nog blindes betrek om in die winkel te werk. “Hierdie winkel gee ons ook die geleentheid om mense met sigprobleme op te lei as kelners, baristas en toergidse.” Daar is ook meubels en produkte in die winkel wat gemaak is deur mense met sigprobleme en sommige van die sjefs is ook blind.

Matheatau sê as die koffie bedien word, kan die kliënte nie glo ʼn blinde persoon het dit voorberei nie. “Dit was egter nie altyd maklik nie. Ek het in die begin myself baie keer gebrand,” vertel hy. “Elke keer as ek nou ʼn koppie koffie maak, ruik ek die geur van sukses.” Matheatau droom van sy eie koffiewinkel in Bloemfontein.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CK ·

Dis so goedvoelstorie, is net jammer dat onderwysers aan die hoof van die spottery gestaan het. Welgedaan Matheatua, waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg.

Lee-anne ·

wonderlike suksesverhaal – ek huil my dood as ek dink aan die hartseer van ‘n kindjie wat blind word en niemand wat verstaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.