Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin.
50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied.
Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.
Die resepte bestaan uit treffers soos:
• Blatjanghoender
• Oros-hoender
• Hoenderbobotie
• Romerige hoender-stroganoff
• Pikante hoender-en-lensiesop
• Pynappelhoender
• Hoender-en-brokkoli
• Hoendersamoesas
• Appelkoos-en-hoenderpotjie
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke