Soorte resepte:

Boek: 50 Prutpotgeregte

50 prutpotgeregteWoelige weeksdae wat fyn verdeel word tussen werk, skool, sport en huiswerk beteken nie dat aandete moet bestaan uit gebakte boontjies op roosterbrood nie. 50 Prutpotgeregte wys vir jou hoe om met behulp van jou prutpot (slow cooker) en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke en selfs poeding kan gaarmaak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk.

Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

Die resepte bestaan uit treffers soos:
• Hoender-en-rooiwynstowe met kruiekluitjies
• Romerige Sweedse frikkadelle
• Gevlokte beesvleis
• Koolrolletjies
• Murgpampoentjiesop
• Hongaarse ghoelasj
• Italiaanse varkboud
• Geurige biefkerrie
• Sjokoladekoek
• Sjokolade-en-grondboontjiebotterpoeding

50 Prutpotgeregte gee ook wenke oor hoe om jou prutpot optimaal te gebruik en te versorg.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.