Soorte resepte:

Boek: Armand kook kaal

Armand Aucamp

Armand Aucamp is een van die begeerlikste bekendes in Suid-Afrika. Aanhangers begeer óf sy lyf óf om soos hy te lyk. Nou deel Armand sy geheim met almal: Hy eet kaal, gestroopte, heel kos soos Tim Noakes dit in sy Real Meal Revolution met Suid-Afrika gedeel het.

Aanvanklik het Armand Aucamp gedink Noakes is mal. Aangesien hy egter gesukkel het om gewig te verloor, probeer hy toe hierdie nuwe denkwyse en hy begin kook self gesonde kos. Oor ʼn paar jaar het Armand 100 laekoolhidraatresepte, wat banting- of keto-vriendelik is, gekook en neergeskryf. Stap-vir-stap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand jou hoe om smuldisse te skep uit heel, gestroopte bestanddele sonder om die skaal te laat ly.

Kies tussen eierdisse en vleisgeregte, lekkernye en nageregte en leer hoe om slank te bly soos Armand!

Hierdie boek het selfs kenners aan die praat!
“Sonder twyfel een van die beste laekoolhidraat-kookboeke ter wêreld. Armand verskuif grense!” – Prof. Tim Noakes

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R395,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tiaan ·

Ek dink dis ‘n goeie idee om gesonde kos te maak en meer vertroue daardeur op te wek.

KarinB ·

Armand kan enige dag vir my kom kook. Na my mening is hy ‘n uiters talentvolle jong man … en dan nog sag op die oog ook!

Abe ·

Wouter,
Ek stem saam met jou. Sy kaal sweet lyf kan nie gesond wees oor die kospotte nie.

Nonhlanhla ·

Hy kan enige tyd kaal sweeterig oor my kospotte kom staan…

Nonhlanhla ·

Armand Aucamp kan enige tyd kaal en sweeterig oor my kospotte kom staan…

hoekom nie ·

If you’ve got it, flaunt it… Ek het talle kilo’s afgeskud te dankie aan Tim Nokes se beginsels. Niks pro so lekker soos wat dit voel om maer te wees nie.

Enige Tyd ·

Armand Aucamp kan enige tyd kaal voor my kospotte kom kook!

Nel ·

Ag my liewe genade, kan mense so naïef wees!!!, Sweet kan van jou voor kop ook afloop en dit (kan) gebeur met alle kokke!!!!! Hy het darem nog ‘n voorskoot aan…. wat ‘n jammerte!!

Abe ·

Hy kan darem net ‘n strikkie om die nek en ‘n kepsie op die kop gedra het (soos die meisies van Play Boy)

Abe ·

hoekom nie,
Ek is bly vir jou. Soos jy se, dit lyk en voel baie beter. Gesond ook. Terloops, dis Tim Noakes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.