Soorte resepte:

Boek: Beste uit Vrouekeur 3: 50 Gesinsresepte

KeurRespete.jpgMarlo Carstens

Vrouekeur se beproefde resepte is lankal in menige huishouding gewild , en met rede. Dit is kos wat mens Ius maak om te kook en die resultate lok altyd komplimente uit. Beste uit Vrouekeur 3: 50 Gesinsresepte is die derde van ‘n reeks boeke wat LAPA die lig laat sien het om gesinne gesond te hou en heerlik te laat eet.

Beste uit Vrouekeur: 50 Gesinsresepte is ‘n reeks boeke wat elk die beste 50 smullekker resepte bevat en twee maal per jaar verskyn. Elke boek se resepte is onder vyf temas ingedeel. Hierdie teks bevat die volgende temas: Skilferkors; Hoender; Pasta & Vark; Wors en Gebakte Poedings.

Oor die outeur

Marlo Carstens, is Vrouekeur se kosredakteur seder! die eerste uitgawe in Oktober 1999 lig gesien het, is ma van twee woelige seuns en verstaan die eise van vrou en ma wees. Dit is waarom haar resepte enige vrou -selfs die wat sku is vir kosmaak -sal inspireer.

Uitgewer: LAPA-Uitgewers
Prys: R79,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.