Soorte resepte:

[Boek] Boerekos met ‘n twist

In Boerekos met ’n twist gee Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het.

Elkeen van dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is deeglik getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebook-blad so ’n ongekende sosialemediasukses maak. Tussendeur help sy lesers om basiese kombuisvaardighede onder die knie te kry én sy deel nuttige raad, kortpaaie en plaasvervangers waarmee selfs groentjies vinniger, goedkoper en met meer selfvertroue vooruit sal boer in die kombuis.

As voedselwetenskaplike, kookskooleienaar, boervrou, werkende ma en blogger met haar vinger stewig op die pols van die volk weet Annelien presies wat kosmakers én -eters nou nodig het: ’n kompakte 21ste eeuse Kook en geniet vir besige mense.

Oor die outeur:
Annelien Pienaar, ’n voedselwetenskaplike, en haar man, Hanru, is pekanneutboere en eienaars van die gasteplaas Bos-en-Berg by Skeerpoort (naby Hartbeespoort) van waar sy haar kookskool en haar trefferblog, BoereKosTwist, bedryf.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R330-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marisa ·

Dit sal ‘n goeie hupstoot aan verkope gee as daar ‘n voorbeeld van ‘n resep uit die boek gegee kan word.

Celeste ·

Hi Marisa. Jy kan bietjie gaan kyk op haar blad annelienpienaar.co.za Jy kan daar ‘n goeie idee kry van watse tipe resepte sy gee. Baie leersaam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.