Soorte resepte:

Boek: Clover Onthoukos

Baie van ons het aangename herinneringe aan kos. Reuke, geure en smake bring dikwels nostalgiese gedagtes terug. Ons assosieer baie maal ʼn gunstelingdis met ’n geliefde persoon, of ʼn sekere tyd in ons lewens.

Die probleem is dat talle van die disse wat ons mag onthou, se resepte nie meer beskikbaar is nie. Sommige is weg saam met die persoon wat dit altyd gekook het, ander het gewoon verlore gegaan.

Clover Onthoukos bevat 55 resepte wat nagevors en ontwikkel is om die smake en geure van ouds te herskep. Die samestellers, by Clover, het hulle produkte só gekies dat die disse ʼn sensasie van ʼn ander era sal oproep.

Al 55 disse is afgeneem – en die foto’s alleen kan ʼn mens honger maak.

Clover Onthoukos is een van daardie resepteboeke wat jy vir die volgende geslag sal wil bêre. Lapa Uitgewers en Clover is trots daarop om ʼn deel van hierdie smaaklike nalatenskap te wees.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R255,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.