Willie Strauss
In Daar is ʼn engel in my koskas neem Willie Strauss jou op ʼn nostalgiese kosreis en nooi jou om die geure en smake wat hy met groot vreugde onthou, saam met hom te geniet.
Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante – en soms komiese – vertellings. So is daar onder andere die blikkie kondensmelk (engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die wonderlike kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning granaatbome naby die plaasdam en die verleidelike granaatkoek waarmee jy jou gaste sal beïndruk, die reuk van kwepers wat in ʼn Jewel-oond gebak is en die pluk van groenvye in die boord vir konfyt.
Van brood en beskuit, sop, hoof- en bygeregte tot poedings, koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in hierdie kookboek vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en Kerstyd voorsiening maak. Willie nooi jou om sy resepte te neem, ʼn bord kos te kook en dit te deel met die engele in jou lewe.
Kom, wees ʼn engel!
Oor die outeur
Willie Strauss is ʼn geliefde televisiepersoonlikheid, akteur, liedjieskrywer, sanger en koskenner. Hy tree by kunstefeeste op, waar sy optredes deurgaans baie gewild is. Hy woon op Cullinan.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R325,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke