Soorte resepte:

Boek: Dit proe soos huis

Herman Lensing

In Dit proe soos huis eer Herman Lensing sy ma Susan, wat skielik in Januarie 2019 oorlede is, met sy uitsonderlike talent. Hy klits haar lekkerste resepte en hul eie stories saam soos net hý kan. Hy neem ons op ’n kosreis – van sy grootwordjare in Upington waar sy passie vir kos ontvlam het, tot Hartenbos se jaarlikse kampritueel (met hope padkos) en eindig rondom sy eie Kaapse kombuistafel waar hy sy ma ’n resepkinkel of twee kon leer.

Susan Lensing het almal gevoer wat kom kuier of net aan die deur geklop het. Meer nog, sy het vir hulle padkos vir die siel gebied. Haar leuse was: “My kind, kos is nie kwaad nie. Nooit nie. Kos vergewe en bring mense saam. As ons net aanhou kook, sal ons die wêreld een bord op ’n slag mooier maak.”

Dié pragfotoboek vol onthou-resepte is ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was.

Dit proe soos huis, ook met resepte uit die gelyknamige TV-reeks, soos gesien op VIA, is net die staatmaker wat jou kombuis kort.

Oor die outeur

Herman Lensing is al ’n dekade in die kollig nadat hy in 2009 op 22-jarige ouderdom as die kosredakteur van die glanstydskrif SARIE aangestel is. Sedertdien het Herman vir hom ’n naam gemaak as een van Suid-Afrika se toonaangewendste kosskrywers. Herman het boonop al talle TV-reekse en -optredes op sy kerfstok, terwyl hy gereeld gasverskynings by geleenthede maak. Sy aansteeklike entoesiasme, omvattende koskennis en begrip vir die alledaagse uitdagings en flaters in ’n doodgewone kombuis skep ’n wenkombinasie. Hierdie is sy vierde boek.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R365-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Boeke, Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zettie ·

Ek volg die gelyknamige program op die sogenaamde “catchup” en elke episode speel so met mens se gevoel en emosies omdat jy Herman se liefde vir sy moeder kan voel en beleef. Welgedaan met die boek!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.