Soorte resepte:

Boek: Encore!

encore’n Kookboek met ’n verskil. Suid-Afrika se bekendste en beste akteurs, dié wat die afgelope 50 jaar ’n Fleur du Cap-teatertoekenning ontvang het, deel hul gunstelingresepte.

Smul saam met onder andere Pieter-Dirk Uys, Marc Lottering, David Kramer, Sandra Prinsloo, Marius Weyers, “Grotman” Hannes Muller, “Phantom of the Opera” André Swartz, en Marthinus Basson. Die sterre se resepte wissel van eenvoudig (’n ham-en-kaas-toebroodjie of ’n lekker macaroni-en-kaas) tot gevorderd (beesstert en oondgeroosterde wildsvleis).

Van die resepte bevat ook ’n Oosterse geurtjie. Jy kan ’n hele maaltyd beplan: Hoe klink Carel Nel se romerige mossels as voorgereg, met Wilna Snyman se waterblommetjiebredie en Penelope Youngleson se koolslaai daarna en Philip Dikotla se koekstruif as nagereg?

Oor die samesteller:
Distell, een van Suid-Afrika se voorste vervaardigers van uitsonderlike wyn, spiritualieë en alkoholiese drankies, befonds reeds meer as 49 jaar lank die kunste. Die teatertoekenning wat eers as die Three Leaf-toekenning bekend gestaan het, is in 1978 hervernoem na Fleur du Cap – een van verskeie wyne van die maatskappy en word jaarliks toegeken.

Die boek is hier te koop.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R395-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.