Soorte resepte:

Boek: Klein kook en geniet

Klein Kook en GenietEunice van der Berg en S.J.A. de Villiers

ʼn Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdomme. Kook en geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in ʼn vrolike baadjie – met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto’s. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en ʼn verskeidenheid soetgoed.

Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto’s verduidelik en leer jou:

  • hoe om ʼn resep te volg
  • hoe om te meet
  • wat kookterme beteken
  • hoe om kombuisgereedskap te gebruik.

Klein kook en geniet is ʼn mini-kursus wat jou op ʼn lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak – en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.

Oor die outeur

Eunice woon in Stellenbosch en is die dogter van S.J.A. de Villiers, skrywer van Kook en geniet, wat eers in 1951 gepubliseer is.

S.J.A. de Villiers is ’n Suid-Afrikaanse ikoon. Sy is die een wat die nasie leer kook het. Sy was ʼn huishoudkundige by die destydse Departement van Landbou wat eers self die uiters gewilde Kook en geniet en Cook and enjoy moes publiseer. De Villiers het op Stellenbosch gewoon en is oorlede op 20 September 2010 op die ouderdom van 91 jaar.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R265,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.