Soorte resepte:

Boek: Landbou Boerekos

Arina du Plessis

Landbou Boerekos is ʼn boek wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Dié boek is ingedeel volgens plaasprodukte en bevat ‘n wye verskeidenheid resepte met aspersies, appels, aartappels, bessies, dadels, droëbone, eiervrug, grenadella, hoender, heuning, kool, druiwe, eiers, om maar ʼn paar te noem, as hoofbestanddeel.

Dit is volgeprop met tydlose Boerekosresepte en bevat meer as 300 resepte vir alles van Varkskenkelpastei en liplekker beesstert tot ʼn magdom nageregte en gebak. Elke bestanddeel bevat resepte wat gepas is vir enige seisoen van die jaar, maar laat jou toe om te besluit waarvoor jy lus het. ʼn Uiters bruikbare boek, propvol inspirasie en die resepte is 100 % uitvoerbaar. Perfek vir die haastige kokke, werkende ouers en bedrywige huisvroue.

Oor die outeur

Arina het van kleins af ʼn passie vir kos. Haar loopbaan as kosjoernalis en-stilis het in die redaksiespanne van verskeie tydskrifte begin.

Sy is tans die kosredakteur van die tydskrif Landbouweekblad en ook redakteur van die gewilde kostydskrif Landbou Boerekos. Sy is die skrywer en medeskrywer van sewe resepteboeke.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R320,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.