Soorte resepte:

Boek: Low carb is Lekker

LowCarbLekkerAfrik.jpgIné Reynierse

Low carb is Lekker is die skepping van Inè Reynierse, wie se missie was om die voordele wat ’n lae-koolhidraatleefstyl het, haalbaar en bekostigbaar vir vriende en familie te maak. Haar ‘lae-koolhidraat’- weergawes van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde resepte het vinnig opslae in sosiale netwerke gemaak en sy het besef dat daar werklik ’n behoefte aan ’n versameling lae-koolhidraatresepte in die Suid-Afrikaanse mark is, en Low Carb is Lekker is gebore.

Daar is maklike koring-, graan- en suikervrye plaasver-vangers vir familiegunstelinge (dink aan bobotie, macaroni-en kaas en kerrie-enrys), vinnige trooskos (gnocchi en hoenderpastei) asook baie dekadente bederfkos (malvapoeding, sjokoladebruintjies en melktert). Geskryf deur ’n ma vir ander ma’s wat hul geliefdes se gesondheid deur voeding wil herstel. Low carb is Lekker sal beslis byval vind by alle Suid-Afrikaners wat lief is vir tuiskos sonder om hul gesondheid en welstand in te boet.

Oor die outeur:

Inè Reynierse is ’n kinderboekskrywer, uitvoerende kunstenaar, stemakteur, kopie-skrywer, iemand wat met idees rondspeel en ’n nuutgevonde kosfundi wat daarvan hou om idees op ’n vars manier uit te beeld. Haar projekte wissel van radiostories vir kinders op ’n nasionale radionetwerk tot korporatiewe advertensieveldtogte en alles en nog meer. Haar passie om gesondheid en welstand te herstel het haar aangespoor om Low Carb is Lekker te skryf.

Uitgewer: Random Struik
Prys: R220,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.