Soorte resepte:

Boek: Maalvleis

maalvleisKaren Hart

Maalvleis is ‘n regte staatmaker – goedkoop en veelsydig. In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy ‘n wye verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Sy deel lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en ‘n groot verskeidenheid burgers.

Met ‘n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower. Die resepte is maklik om te maak en jy hoef nie ver te soek vir die bestanddele nie – trouens, jy sal dit sommer in jou eie koskas kry. Eenvoudig, ja, maar die smaak is ongelooflik en jou mense sal soebat vir meer.

Oor die outeur

Karen Hart is ’n kosskrywer en tans die kosredakteur van die tydskrif Kuier. Sy het ook al die rol van kosredakteur vir verskeie tydskrifte vervul, o.a. Move en TV Plus. Skakel gerus elke Donderdag na twee in op Radio Kaapse Kansel waar Karen met luisteraars gesels oor haar liefde vir kook. Sy is op haar gelukkigste tussen die kospotte.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R260,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter ·

Hoe kry ek my gevriesde maalvleis, na dit ontdooi is, dat dit, na dit gebraai is nie klonterig is nie, maar fyn opgebreek is soos wat maalvleis maak wat nie gevries was nie? (Ek braai dit, na dit ontdooi is, stadig en roer vir tot 8 minute, maar nog steeds kry ek die tekstuur nie fyn opgebreek soos ongevriesde maalvleis nie.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.