Soorte resepte:

Boek: Seisoenskos

Saamgestel deur Aletta Lintveldt

In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen te eet. Die voordele van hierdie nuwe kosneiging is legio: Nie net gaan jou beursie dikker wees nie, maar dit trap ook ligter op Moeder Aarde. Boonop is al die bestanddele wat jy vir hierdie resepte benodig, geredelik beskikbaar.

Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen: waatlemoen, perskes en druiwe in die somer; appels, grenadellas en vye in herfs; lemoene, nartjies en suurlemoene in die winter en avokados, kappertjies en spruite in die lente.

Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. En vir die avontuurlustiges: Ontdek hoe maklik dit is om witloof gaar te maak en artisjokke te braai. Met nuttige wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei en wat pienk sout is en breedvoerige verduidelikings wat al die resepte maklik maak. Vir kosliefhebbers en kosavontuurlustiges.

Oor die outeur

Weg! Platteland is ‘n uiters gewilde tydskrif wat fokus op mense wat stadiger en voluit wil lewe en hulle meestal op die platteland bevind. Vir al die lesers van die gewilde Weg! Platteland. Saamgestel deur Aletta Lintveldt, kosredakteur van Weg! Platteland.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R325,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.