Soorte resepte:

Boek: Ta-da!

Johané Neilson

As jy jou gaste wil beïndruk, maar nie ure voor die stoof wil deurbring nie, is Ta Da! net die kookboek vir jou.

Tuis, Suid-Afrika se voorste dekor- en tuingids, se resepte is ewe gewild as hulle mooimaakplanne. Dié tydskrif se kosredakteur, Johané Neilson, het die resep vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos voor te sit. Sy deel handige wenke vir hoe om die “ta-da!” in ʼn gewone dis te sit en dit moeiteloos soos ʼn Michelin-maal te laat lyk.

Die boek is ingedeel volgens die seisoene en bevat alles van ligte somersmaaltye tot koesterende winterskos, resepte vir bykosse en liplekker nageregte. Daar is alles van kerrieviskoekies en potgebraaide bief met spek en biltong tot botterskorsie-rolkoek en klapperkoek.

Dit was nog nooit so maklik om jou geliefdes te beïndruk nie!

Oor die outeur

Johané Neilson is die kosredakteur van die gewilde tydskrif Tuis/Home. As kosskrywer en stilis ontwikkel sy al langer as 10 jaar lank smullekker resepte wat boonop maklik is om te maak en indrukwekkend lyk wanneer dit voorgesit word. Johané strewe daarna om die kookkuns te demistifiseer en haar lesers iets te leer én te inspireer.

Uitgewer: Jonathan Ball Uitgewers
Prys: R290,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.