Soorte resepte:

Boek: Vuurwarm

Jan Braai

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ʼn Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie.

Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ʼn man bekend as Jan Braai. In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors: Hy daag ons uit om ook sy heerlike kerrie-potjies, pannekoek, hoender-mayonnaise broodjies, malvapoeding en appeltert op ’n oop vuur te probeer! Dié pragboek is gepak met meer as 80 lusmaak-resepte, wat alle braaiers – van beginners tot dié wat wéét – sal inspireer om vriende en familie te nooi vir smulkos en samesyn.

Vuurwarm, nou vir die eerste keer in sagteband beskikbaar, is deur Die Burger beskryf as die ‘ensiklopedie van braai’ en meer as 12 000 kopiee is reeds opgeraap.

Oor die outeur

Jan Scannell, beter bekend as Jan Braai, se groot passie is vleis en vleisbraai. Jan het Nasionale Braaidag eiehandig ʼn jaarlikse kuier- en kosfees gemaak deur Erfenisdag nie-amptelik te herdoop tot Braaidag. Die een aktiwiteit wat alle Suid-Afrikaners saambind is immers om kos oor oop vure te kook.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R295,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.