Soorte resepte:

Geroomde spinasie met Fetakaas

Genoeg vir 4

Sous:
30 g Clover Mooi River botter
3 e (45 ml) koekmeel
½ k (125 ml) Clover volroommelk, warm
¼ k (60 ml) Clover vars room, louwarm
sout en varsgemaalde swartpeper

30 g Clover Mooi River botter
1 ui, geskil en fyn gekap
1 knoffelhuisie, gepers
400 g jong spinasieblare, geblansjeer
100 g Clover Fetakaas, gekrummel

Verhit die botter in ‘n pan. Roer die meel by en kook 1 minuut. Roer die warm melk by en kook 3 minute. Voeg die room by en roer deur. Geur na smaak met sout en peper. Hou eenkant.

Maak die spinasie:
Verhit die botter oor lae hitte in ‘n pan en soteer die ui en knoffel vir 3 tot 4 minute, of tot sag. Sny die spinasie fyn en roer by die uiemengsel in die pan. Roerbraai 1 minuut. Voeg die fetakaas en witsous by en roer goed deur. Sit warm voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.