Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Aspersie in ʼn kombersie

Aspersie in ‘n kombersie (Foto: Skermgreep uit die video)

Hierdie resep kan blitsvinnig voorberei word. Sit dit voor as ʼn voorgereg of bykos.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 vel fillodeeg
  • botter, gesmelt
  • 4 aspersies
  • sesamsaad

Metode

  1. Sny die vel fillodeeg in 4 blokke.
  2. Verf botter oor die fillodeeg.
  3. Plaas die aspersies aan die kant van die fillodeeg en rol dit op.
  4. Smeer ʼn bakplaat met botter en sit die aspersies daarop neer.
  5. Sprinkel sesamsaad daaroor.
  6. Bak dit vir 10 minute by 180 °C, of tot goudbruin.
  7. Sit onmiddellik met ʼn doopsous voor.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.