Bestanddele
- 1 koppie blomkoolflorette, half gaargemaak
- 1 appel, grofgekap
- spek, in blokkies
- ʼn handvol suikerertjies
- roosmaryn, van stingel verwyder
- marjolein
- sout en peper
- 1 blikkie suikermielies
- 1 k kaas
Metode
- Plaas die blomkoolflorette in ʼn oondbak. Gooi die appel, spek en suikerertjies bo op.
- Maal die roosmaryn en marjolein saam en sprinkel dit ook bo-oor. Geur met sout en peper.
- Smeer die suikermielies oor en sprinkel met kaas.
- Bak vir ongeveer 20 tot 25 minute teen 180 °
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei: