Dié is ʼn resep wat jy nie sommer iewers anders gaan kry nie.
Bestanddele:
- 1 blok ricotta-kaas
- 1 koppie cheddarkaas, gerasper
- 1 houer gladde maaskaas
- 2 eiers, hardgekook
- 1 blok bloukaas
- 1 appel
- 1 piesang
- 2 e roosstroop
- 1 t olyfolie
- eetbare blomme van jou keuse
Metode:
- Maak ricotta fyner met ’n lepel en meng dit saam met die cheddar en maaskaas in ʼn bak.
- Kap eiers grof en voeg by kaasmengsel.
- Sny bloukaas in growwe stukke en voeg by.
- Sny appel en piesang grof en meng by kaasmengsel.
- Meng roosstroop by kaasmengsel in.
- Smeer ’n diep bak met olyfolie en plak blomme teen die binnekant van die bak vas.
- Skep die kaasmengsel in die blommebak. Druk dit vas sodat dit solied in die bak is.
- Dop die bak op ’n bord om en lig die bak van die kaasmengsel af.
- Bedien met beskuitjies en nog blomme bo-op.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
Lochner, dis nou die mooiste!!!!!!!!!!!!! dankie -beslis lekker ook