Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Boere-blini

Boere-blini (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Lochner gee dié week vir ʼn Russiese dis ʼn “boere-twist”.

Bestanddele

BESLAG

  • 1 k bruismeel
  • 1 eier
  • ½ k sodawater
  • ½ k fyn biltong
  • bietjie olie

BOLAAG

  • suurroom
  • biltong, dun gekerf
  • vars suurlemoensap
  • 3 e basiliekruidpesto
  • 2 e maaskaas
  • peper
  • dille vir versiering

Metode

  1. Meng bruismeel, eier, sodawater en biltong saam in ʼn bak. Skep lepels vol op ʼn warm pan met bietjie olie in. Braai tot gaar en laat dit afkoel.
  2. Skep ʼn lepel vol suurroom op elke koekie en pak biltong bo-op. Spuit bietjie suurlemoensap op elkeen.
  3. Meng die basiliekruidpesto met die maaskaas en sit bietjie daarvan ook bo-op.
  4. Rond af met peper en dille.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.