Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Gevulde filo-sigaartjies

Gevulde filo-sigaartjies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Lochner maak dié week iets wat jy nog nooit van tevore gesien het nie, maar wat jy móét probeer.

Lewer 4 sigaartjies

Bestanddele

SIGAARTJIES

  • 3 e growwe maaskaas
  • ½ blikkie fyn tuna in olie
  • ’n skeut vars suurlemoensap
  • sout en peper
  • ½ huisie knoffel, platgedruk
  • seldery
  • shimeji-sampioene
  • 1 vel fillodeeg
  • Gevulde filo-sigaartjies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

    botter, gesmelt

  • bietjie olyfolie

DOOPSOUS

  • 3 e mayonnaise
  • 2 e blatjang
  • 2 t basiliekruid-pesto
  • 1 dolmade (rysgevulde wingerdblaar)

Metode

SIGAARTJIES

  1. Meng die maaskaas, tuna, suurlemoensap, sout, peper en knoffel saam in ʼn bak. Kap die seldery en sampioene fyn en meng dit ook in.
  2. Hou die fillodeeg onder ʼn klam vadoek sodat dit nie uitdroog nie. Skei die velle fillodeeg en gebruik een vel eenkant.
  3. Sny die vel in die middel deur en smeer dit met gesmelte botter.
  4. Plaas ʼn bietjie van die tunamengsel aan die bo- en onderpunte van die vel fillodeeg.
  5. Sny weer die fillodeeg in die helfte en rol die vulsel daarin op. Plaas dit op ʼn bakplaat met ʼn bietjie olyfolie in en bak vir ongeveer 15 minute by 180 °C of tot goudbruin.

DOOPSOUS

  1. Meng die mayonnaise, blatjang en basiliekruid-pesto in ʼn bakkie.
  2. Breek die dolmade op sodat die rysmengsel van die druiweblare geskei word. Krummel die rysmengsel in die sousie en gooi stukkies van die druiweblare ook by. Meng goed.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elaine ·

Ai ek geniet dit so om na Lochner se videos te kyk. Sy sêgoed en manier van doen is so heerlik om na te kyk. Die resep lyk so lekker. Op my lysie om te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.