Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Indonesiese sigaartjies

Lochner de Kock (Foto: Skermgreep uit video)

Dié blitsvinnige resep kan ʼn heerlike voorgereg maak waarvan jou vriende nog nooit gehoor het nie.

Bestanddele:

  • soetertjies
  • komkommer
  • rooi soetrissie
  • wortel
  • grasuie
  • ryspapier

Metode:

  1. Sny die soetertjies, komkommer, soetrissie, wortel en grasuie in klein repies.
  2. Doop ryspapier in lou-warm water tot dit sag raak.
  3. Wanneer die ryspapier begin sag word, plaas dit op ʼn vadoek neer en skep ʼn mengsel van die gesnyde repies aan een kant van die ryspapier.
  4. Rol die repies in die ryspapier op en vou die kante toe.
  5. Bak dit in die oond of eet dit nét so rou.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.