Dié sousie is baie lekkerder wanneer jy dit self maak as wanneer jy dit in die winkel koop!
Genoeg vir 2-3 mense
Bestanddele
- olyfolie
- 2 groot oestersampioene, in repies gesny
- botter
- sout en peper, na smaak
- vars vinkel
SOUS
- 3 eiergele
- ¼ suurlemoen se sap
- 1 t mosterdpoeier
- sowat ¼ k olyfolie
Metode
- Gooi bietjie olie in ʼn pan saam met die opgesnyde sampioene. Stip met botter, geur met sout en peper en braai.
- Knip bietjie vinkel daaroor en braai tot gaar.
SOUS
- Gooi die eiergele in ʼn bak en voeg suurlemoensap en mosterdpoeier by. Begin dit klits.
- Begin nou geleidelik druppels olyfolie by die eiermengsel gooi terwyl jy aanhou klits. Jy kan olyfolie al vinniger begin byvoeg.
- Wanneer die sousie ʼn tekstuur vorm en dikker raak, is dit klaar en jy kan ophou klits.
- Gooi nou die sous oor die gaar sampioene en versier met nog vinkel.
Liewers pap en vleis