Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Soet-suur-slaai

Lochner de Kock (Skermgreep uit die video)

Los die gewone mengelslaai en sit dié slaai voor!

Bestanddele

  • 4 e gewone Griekse jogurt
  • ½ komkommer
  • ⅓ geel soetrissie
  • ⅓ rooi soetrissie
  • ½ suurlemoen se skil
  • olyfolie
  • vars gemmer

SOUS

  • ½ suurlemoen se sap
  • 3 e olyfolie
  • sout
  • 3 e heuning

VIR OPDIENING

  • sout
  • paprika
  • sesamsaad
  • sonneblomsaad
  • balsamiese reduksie

Metode

  1. Smeer ʼn gepaste bord rofweg met die jogurt.
  2. Sny die komkommer in linte tot jou bak bedek is. Rasper die suurlemoen se skil daaroor, en hou die suurlemoen eenkant.
  3. Gooi bietjie olyfolie oor.
  4. Kap die soetrissies grof en gooi dit ook by.
  5. Rasper bietjie vars gemmer oor die slaai en woel al die bestanddele deurmekaar.

SOUS

  1. Druk die suurlemoensap in ʼn bakkie uit. Gooi olyfolie, sout en heuning by en meng goed. Gooi dit bo-oor die slaai.

VIR OPDIENING

  1. Geur met sout en paprika en sprinkel sesam- en sonneblomsaad oor. Bedrup met balsamiese reduksie en dien op.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Bykosse, Resep-video's

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.