Genoeg vir 1
Bestanddele
- vinkel en dille
- 2 skywe spanspek
- 4 velle gerookte ham
SOUS
- 3 e kondensmelk
- 1 e ingedampte melk
- 1 t mosterdpoeier
- gedroogte klapper
- sout en peper
Metode
- Pak vinkel en dille in ʼn bord om die basis van die gereg te vorm
- Sny die spanspekskywe uit hul skille uit. Vou twee snye gerookte ham om elke stuk spanspek. Sit dit ook op die bord neer.
SOUS
- Meng kondensmelk, ingedampte melk en mosterdpoeier in ʼn aparte bakkie. Gooi dit oor die spanspek.
- Sprinkel gedroogte klapper bo-oor en geur met sout en peper.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
Is Spaanse spek nou ‘n ander naam vir “spanspek”?