Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Umami-bomme

Umami-bomme (Foto: Maroela Media)

Kyk wat maak Lochner de Kock dié week.

Bestanddele

  • spinasie, gekap
  • kool, gekap
  • basiliekruid
  • ½ suurlemoen se sap
  • vars gemmer
  • 3 eiers
  • prei
  • 1 k meel
  • 1 k water
  • 1 e bruinsuiker
  • sojasous
  • olyfolie

Metode

  1. Meng die spinasie, kool, basiliekruid, suurlemoensap, gemmer, eiers en prei saam in ʼn mengbak.
  2. Meng nou die meel, water, bruinsuiker en sojasous saam in ʼn aparte bak en meng dit by die spinasiemengsel in.
  3. Verhit olie in ʼn pan en skep lepels vol van die mengsel in die pan. Braai vir sowat 1 minuut per kant of tot die koekie bruin is.
  4. Bedien met nog sojasous.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mellie ·

Wat van n ou gerasperde kasie daarby, Lochner? Morsige mozarella … My mond water behoorlik.

Betsie ·

Ek sal versker so ‘n paar lekker gekapte birds eye chilies ook ingooi. Lyk lekker, sjoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.