Soorte resepte:

Hoe om niçoise-slaaisous te maak

(Foto: Argieffoto)

Jy kan dié ou gunsteling sommer sélf by die huis maak.

Lewer 300 ml

Bestanddele

  • 15 ml dijon-mosterd
  • 1 ml sout
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 125 ml olyfolie
  • 125 ml sonneblomolie
  • 80 ml witwyn-asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 salot, fyngekap
  • 15 ml pietersielie, fyngekap
  • 30 ml droë witwyn
  • knippie marjolein
  • knippie dragon

Metode

  1. Plaas die mosterd, sout en knoffel in ʼn bak en meng dit saam.
  2. Klop die olies stadig by totdat jy ʼn emulsie verkry het.
  3. Voeg die asyn by terwyl jy aanhou met klop.
  4. Voeg die geurmiddels na smaak by, en meng dan met die salot, pietersielie, wyn, marjolein en dragon. Voeg nog geurmiddels by indien nodig.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.