Jy kan dié ou gunsteling sommer sélf by die huis maak.
Lewer 300 ml
Bestanddele
- 15 ml dijon-mosterd
- 1 ml sout
- 3 knoffelhuisies, fyngedruk
- 125 ml olyfolie
- 125 ml sonneblomolie
- 80 ml witwyn-asyn
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 salot, fyngekap
- 15 ml pietersielie, fyngekap
- 30 ml droë witwyn
- knippie marjolein
- knippie dragon
Metode
- Plaas die mosterd, sout en knoffel in ʼn bak en meng dit saam.
- Klop die olies stadig by totdat jy ʼn emulsie verkry het.
- Voeg die asyn by terwyl jy aanhou met klop.
- Voeg die geurmiddels na smaak by, en meng dan met die salot, pietersielie, wyn, marjolein en dragon. Voeg nog geurmiddels by indien nodig.
Bron: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek
Uitgewer: Lapa