Soorte resepte:

Mediterreense knoffelbrood

Met ‘n paar ekstra bestanddele kan ‘n knoffelbrood in iets vreeslik dekadent en propvol geur verander word. As jy tyd wil spaar, koop ‘n klaarbereide knoffelbrood van goeie gehalte.

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

1 groot klaarbereide knoffelbrood

Vulsel:
1 x 125g-pakkie basiliekruidpesto
12-18 snytjies mozzarellakaas
1 x 240g-pakkie songedroogde tamatiekwarte in olie en asyn, gedreineer
‘n handvol swart olywe, ontpit en gekap
varsgemaalde swartpeper

1. Maak die knoffelbrood oop en smeer van die basiliekruidpesto aan een kant van die snytjies in die brood. Plaas ‘n snytjie kaas, 1 of 2 tamatiehelftes en ‘n paar stukkies van die olywe tussen die broodsnytjies. Geur met swartpeper.
2. Vou weer die knoffelbrood in die aluminiumfoelie toe en bak oor ‘n lig- tot mediumwarm gasvlam of kole vir 15-20 minute tot die kaas gesmelt en die brood deurwarm is. Sit dadelik voor.

Genoeg vir 6-8

Oorspronklik gepubliseer in Japtrap-braai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.