Soorte resepte:

Resep: Aartappelgebak

Aartappelgebak (Lapa-uitgewers)

Daar is niks so lekker soos aartappel saam met braaivleis nie!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 4 aartappels, gewas maar nie geskil nie
  • 1 ui, in dun skyfies gesny
  • 125 ml room
  • 125 ml melk
  • sout en peper na smaak
  • 125 ml gerasperde Cheddarkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondbak.
  2. Sny die aartappels in dun skywe en rangskik dit in die voorbereide oondbak.
  3. Rangskik die skyfies ui bo-op die skywe aartappel in die bak.
  4. Meng die room en melk en giet oor die aartappels en ui.
  5. Geur met sout en peper.
  6. Strooi die gerasperde Cheddarkaas oor en bak vir 30 minute tot goudbruin.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lindtjies ·

My weergawe van die resep is bietjie anders. Ek skil die aartappels heeltemal en strooi droeë knoffelvlokkies daaroor voordat ek die room oorgooi. Ek gebruik ook net room en nie melk nie.

Marietjie ·

Ek maak my aartappel gereg ook so, ek gooi Aromat mildelik oor, dit maak dit nóg lekkerder!

Mornay ·

Dit hang af hoe die buget lyk kan jy so te se enige iets by sit hy bly n wenner
ek maak hom somer op die vuur in my bekende brood pot .
Met pay day is dit natuurlik nat gekerfde Biltong

Ons gaan nou BRAAI

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.