Heerlik saam met ʼn tjoppie!
Lewer 6-8 poffertjies
Bestanddele
- 500 g aartappels, geskil
- 125 ml (½ k) koekmeel
- 2,5 ml (½ t) bakpoeier
- 5 ml (1 t) sout
- 1 eier
- 30 ml (2 e) botter
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 3 ml (¾ t) amandelgeursel
- 125 ml (½ k) melk
- genoeg sonneblomolie vir diepbraai
- kaneelsuiker
Metode
- Kook die aartappels in soutwater tot sag. Dreineer die aartappels en druk dit goed fyn.
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg by die aartappels. Meng goed deur.
- Klits die eier, botter, vanieljegeursel en amandelgeursel saam en giet dit by die aartappelmengsel.
- Voeg die melk by en roer goed.
- Verhit genoeg olie in ’n swaarboomkastrol en diepbraai lepels vol van die deeg tot bruin aan albei kante. Strooi kaneelsuiker oor en bedien.
Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker
Uitgewers: Lapa