Soorte resepte:

Resep: Aartappel­poffertjies

Aartappelpoffertjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlik saam met ʼn tjoppie!

Lewer 6-8 poffertjies

Bestanddele

  • 500 g aartappels, geskil
  • 125 ml (½ k) koekmeel
  • 2,5 ml (½ t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 1 eier
  • 30 ml (2 e) botter
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 3 ml (¾ t) amandelgeursel
  • 125 ml (½ k) melk
  • genoeg sonneblomolie vir diepbraai
  • kaneelsuiker

Metode

  1. Kook die aartappels in soutwater tot sag. Dreineer die aartappels en druk dit goed fyn.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg by die aartappels. Meng goed deur.
  3. Klits die eier, botter, vanieljegeursel en amandelgeursel saam en giet dit by die aartappelmengsel.
  4. Voeg die melk by en roer goed.
  5. Verhit genoeg olie in ’n swaarboomkastrol en diepbraai lepels vol van die deeg tot bruin aan albei kante. Strooi kaneelsuiker oor en bedien.

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.