Soorte resepte:

Resep: Aartappels met roosmaryn en spek

Foto: Nina se kombuis

Foto: Nina se kombuis

Glo my, jy sal nooit genoeg van dié aartappels kan maak nie. Hulle vlieg behoorlik uit die skottel en as daar dalk een of twee oorbly, sal jy laataand sien hoe iemand terugglip kombuis toe vir nog ’n happie!

Bestanddele:

  • 16 repies spek
  • 16 klein aartappels, skoon gewas
  • 16 takkies roosmaryn
  • olyfolie

Metode:

  1. Draai ’n repie spek om elke aartappel.
  2. Ryg ’n takkie roosmaryn deur die twee punte van die repie spek om die spek vas te bind.
  3. Bedruip met olyfolie en braai oor louwarm kole tot die spek lekker brosbruin en die aartappel effens gekaramelliseer is.
  4. Sit voor saam met braaivleis.

Lewer 6 tot 8 porsies

Bron: Maklike Maaltye uit Nina se kombuis
Uitgewer: Random House Struik

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.