Dié slaai is ʼn groot bederf!
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 1 x 400 g-blik pienk salm
- 3 e (45 ml) fyngekapte seldery
- 2 hardgekookte eiers, in skywe gesny
- 4 e (60 ml) tuisgemaakte of gekoopte mayonnaise
- 2½ t (10-12 ml) matige kerriepoeier
- slaaiblare van jou keuse
- 2 ryp avokado’s
- suurlemoensap
- knippie fyn paprika as garnering
Metode
- Dreineer die salm en pluis dit met ʼn Voeg die seldery en eiers by die salm en meng dit liggies deur.
- Meng die mayonnaise en kerriepoeier in ʼn aparte bakkie tot romerig.
- Skep die mayonnaise oor die salm en meng dit liggies deur. Bedek dit met kleefplastiek en verkoel tot nodig.
- Rangskik die slaaiblare op ʼn opdienbord en hou eenkant.
- Halveer die avokado’s, verwyder die pitte en trek die skille versigtig af. Verf van die suurlemoensap oor die avokadohelftes om te verhoed dat dit verkleur.
- Vul die avokadohelftes met die salmmengsel en rangskik dit op die slaaiblare.
- Strooi die paprika oor en dien dit dadelik op.
Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch
Uitgewers: Lapa