Soorte resepte:

Resep: Banting-‘pasta’

Banting-‘pasta’ (Foto: Lapa-uitgewers)

“Vir baie mense is ʼn lewe sonder pasta ʼn ondraaglike vonnis. Gelukkig is daar wonderlike banting- en ketovriendelike alternatiewe vir pasta. Jy kry dus steeds die genoegdoening van ʼn bak stomende ‘noedels’ of ‘spaghetti’ sonder dat jou gewete jou pla! My gunstelinge is botterskorsielinte, eiervruglinte en zoedels. Zoedels is zucchini-noedels (zucchini is ltaliaans vir murgpampoentjie),” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

Kies een van die volgende

  • 4-8 murgpampoentjies (zucchini’s), na gelang van die grootte
  • ½ botterskorsie
  • 1-2 eiervrugte

Metode

  1. Berei die groente van jou keuse soos volg voor:
  • Murgpampoentjies (zucchini’s): Sny die punte weerskant af.
  • Botterskorsie: Skil die hele botterskorsie en sny lengtegewys in stawe van 2 cm.
  • Eiervrug: Sny die punte weerskant af, sny lengtegewys in skywe van 1 cm.
  1. Gebruik ʼn groenteskiller, julienne-rasper of ʼn spiraalsnyer om die groente in die lengte in dun repies of spirale te sny. (Omdat die eiervrug so sponserig is, is dit beter om sy repies met ʼn mes te sny pleks van ʼn skiller of ʼn rasper.)
  2. Verhit olyfolie, klapperolie of botter (na gelang van die smaak wat jy verkies) in ʼn pan.
  3. Plaas die linte, noedels of zoedels in ʼn pan en braai vir 1-2 minute. Skud eerder die pan pleks van roer, want jy wil nie die groente pap druk nie.
  4. Plaas die deksel op die pan, sodat die pasta vir ʼn minuut of wat verder gaar kan stoom. Hou dit dop, sodat dit nie te sag word nie!
  5. Geniet die pasta saam met jou gunstelingsous.

Wenke:

  1. Met die uitsondering van die eiervrugnoedels (wat gaar móét wees) kan jy enige hiervan rou of gaar geniet.
  2. Die eiervrug werk goed vir ʼn Dan gebruik jy die plat skywe en sny dit nie in noedels op nie.
  3. Sny die eiervrug in blokkies van sowat 2 cm by 2 cm vir ʼn macaroni-tekstuur.
  4. Braai die groente oor hoë hitte in klapperolie om dit lekker bruin te kry of oor matige hitte in baie botter vir ʼn sagter, romeriger geur.
  5. Botter werk veral goed vir botterskorsielinte.

 

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Magaretha van heerden ·

Zucinni pasta maak ek met my spiralizer. So maklik.

Hendrik van George ·

Nah, hou maar verby met die banting noodles. Gee vir my die ware Jakob asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.