Soorte resepte:

Resep: Basiese mayonnaise

Basiese mayonnaise (Foto: Lapa-uitgewers)

Dit is makliker as wat jy dink!

Bestanddele

  • 1 groot eier
  • 15 ml dijon-mosterd
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 200 ml sonneblomolie van goeie gehalte
  • 5 ml water
  • 5 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Plaas die eier, mosterd en knoffel in ʼn menger of ʼn voedselverwerker en meng totdat dit gekombineer is.
  2. Hou die menger op volspoed en voeg die olie baie stadig, bietjies-bietjies, by totdat jy ʼn emulsie verkry het. Sodra die olie ʼn emulsie begin vorm, kan jy geleidelik meer byvoeg. Hou aan om die olie by te voeg totdat jy ʼn dik, gladde konsistensie verkry het.
  3. As die mayonnaise te dik raak, voeg ʼn bietjie van die water by.
  4. Geur die mayonnaise met die suurlemoensap, sout en peper.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

toy ·

Wat kan ek in die plek van mostert gebruik, my man is allergies vir mostert.

Nic ·

Probeer gemmer. Maar jy sal moet eksperimenteer totdat jy die regte kombinasie vir julle kry.

Corcorlia ·

Kan ek olyfolie gebruik in die plek van sonneblom olie?

WL ·

Die rede hoekom hulle sonneblomolie of canola oil aanbeveel, is om nie ‘n geur aan die mayonnaise te gee nie. Ek reken as jy eers die basiese mayonnaise baasgeraak het, kan mens eksperimenteer met addisionele geure.

Mosbolletjie ·

Ek sien nie hoekom jy nie, olyfolie kan gebruik nie. Ek sou een van die ” ligte ” olyf olies probeer, as jy nie hou van die sterk smaak van gewone olyf olie nie.

Lourene ·

Ek verkies om avocado olie te gebruik vir mayonnaise. Vir ‘n afwisseling, instede van mosterd, sit bietjie paprika in, en gebruik bietjie meer suurlemoensap (ek gebruik ‘n eetlepel).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.