Soorte resepte:

Resep: Biltongpatee in fillodoppies

Biltongpatee in fillodoppies (Lapa-uitgewers)

Die perfekte kombinasie tussen romerig en krakerig.

Lewer sowat 40 happies

Bestanddele

FILLODOPPIES

  • 125 g (¼ blok) botter
  • 250 g (½ pak) fillodeeg

BILTONGPATEE

  • ʼn klont botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2,5 ml droë gemengde kruie
  • 3 grasuie, gekap
  • 250 ml fyn biltong
  • knippie rooipeper
  • 250 g (1 bakkie) laevetmaaskaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.

FILLODOPPIES

  1. Smelt die botter en verf dit op die fillovelle. Sny elke fillovel in vyf stroke. Sny elke strook in vier blokke.
  2. Plaas drie filloblokke skuins opmekaar sodat die puntjies uitstaan en druk in ’n gesmeerde muffinpannetjie.
  3. Bak vir 6 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houer tot benodig.
  4. BILTONGPATEE
  5. Verhit die botter en soteer die ui en kruie daarin tot sag. Verwyder van hitte en roer die oorblywende bestanddele by.
  6. Skep die patee net voor bediening in die fillodoppies.

Wenk: Die fillodoppies kan reeds sowat vyf dae voor die tyd gemaak word.

Bron: Lekker & vinnig: Biltonggeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. die eerste ·

Oulike en maklike resep vir daai ewige kopkrap van: “wat vat ek saam as bord soutigheidjies” na een of ander byeenkoms

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.