Wie het nou lus om te sukkel? Probeer die heerlike en vinnige biltongpatee in fillodoppies!
Lewer ± 40 happies
Fillodoppies
- 125 g (¼ blok) botter
- 250 g (½ pak) fillodeeg
Biltongpatee
- klont botter
- 1 ui, fyngekap
- 2,5 ml droë gemengde kruie
- 3 grasuie, gekap
- 250 ml fyn biltong
- knippie rooipeper
- 250 g (1 bakkie) laevetmaaskaas
Metode
Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
Vir die fillodoppies:
- Smelt die botter en verf op die fillovelle. Sny elke fillovel in vyf stroke. Sny elke strook in vier blokke.
- Plaas drie filloblokke skuins op mekaar sodat die puntjies uitstaan en druk in ʼn gesmeerde muffinpannetjie.
- Bak vir 6 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houer tot
Vir die biltongpatee:
- Verhit die botter en soteer die ui en kruie daarin tot sag. Verwyder van hitte en roer die oorblywende bestanddele
- Skep die patee net voor bediening in die
Wenk: Die fillodoppies kan reeds sowat vyf dae vooraf gemaak word.
Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa