Tiaan en Mynhardt het die bekende slaai met ’n swetterjoel tamatiesoorte ’n bietjie woema gegee.
Voorbereiding: 15 minute
Bestanddele
- Verskeidenheid vars tamaties van alle kleure
- mozzarellakaas
- olyfolie
- varsgemaalde swartpeper
- growwesout
- basiliekruid
Metode
- Sny die tamaties in dik skywe.
- Skeur die mozzarellabolletjies in stukke en rangskik dit bo-op die tamatie.
- Nou vir die olyfolie, peper en sout. Moenie skaam wees nie! Hoe meer hoe beter.
- Voeg die basilieblare heel laaste by sodat dit nie te veeI kneus nie en steeds mooi vertoon wanneer die slaai tafel toe gaan.
Bron: Makietie, deur Tiaan Langenegger & Mynhard Joubert
Uitgewer: Human & Rousseau