Soorte resepte:

Resep: Dhaltjies

Dhaltjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Het jy al ooit probeer dhaltjies maak?

Bestanddele

  • 750 ml ertjiemeel
  • 250 ml bruismeel
  • 10 ml fyn komyn
  • 7,5 ml sout
  • 5 ml borrie
  • 10 ml brandrissiepoeier
  • 5 ml knoffelpasta
  • fyngekapte vars groen brandrissie na smaak
  • ½ bossie gesnipperde spinasieblare
  • 2 uie, fyngekap
  • 20 ml bakpoeier
  • genoeg kookolie vir diepbraai

Metode

  1. Sif die ertjiemeel en bruismeel saam in ’n mengbak.
  2. Voeg die speserye by en roer deur.
  3. Voeg die knoffelpasta, gekapte brandrissie, spinasie en uie by die meelmengsel.
  4. Voeg genoeg water by om ’n dik beslag te vorm.
  5. Verhit genoeg olie in ’n kastrol sodat die dhaltjies kan diepbraai.
  6. Meng die bakpoeier deur die beslag net voor jy lepels vol van die beslag in die warm olie skep.
  7. Braai die dhaltjies tot goudbruin, skep uit en dreineer op kombuispapier. Bedien dadelik.

Wenk: Bedien die dhaltjies saam met sop.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fatima ·

Hy moet opgekapte spinasie in kry. Sien dit wel in die foto maar nie in die resep nie?

Tania Heyns ·

Dagsê Fatima

Dankie vir jou kommentaar. Daar is inderdaad reeds’n halwe bossie gesnipperde spinasieblare in die resep. Dit is die groenigheid wat jy in die foto sien.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.