Soorte resepte:

[Resep] Eenvoudige tamatiesous

Sous

Eenvoudige tamatiesous. Foto: Lekker & Vinnig

Wanneer die lewe net te besig raak, is hierdie maklike resep perfek vir ʼn smaaklike, maar vinnige ete. (Uit: Kos is op die tafel, Heleen Meyer)

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:

  • 10 ml olyfolie
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 1 groot knoffelhuisie, fyn gedruk
  • 1 groen soetrissie, ontpit en fyn gekap
  • 820 g (2 blikke) gekapte tamaties
  • 30-45 ml gekapte vars gemengde kruie, soos basilieblare, origanum, tiemie en Italiaanse pietersielie, of 15-20 ml droë gemengde kruie
  • 10 ml suiker
  • 2,5 ml worcestersous
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot, vlak kastrol en soteer die ui, knoffel en soetrissie tot dit sag is.
  2. Voeg die res van die bestanddele by en verhit dit tot kookpunt. Roer af en toe, verlaag die hitte en laat prut sonder die deksel vir 15-20 minute of tot die sous verdik.

Bron: Lekker en Vinnig: Souse
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.