Soorte resepte:

Resep: Fyn en groen kraakslaai

Fyn en groen kraakslaai (Foto: Lapa-uitgewers/Armand kook kaal)

“Dis belangrik dat al die bestanddele baie fyn gesny of gekap word, sodat elke happie bietjie van al die bestanddele bevat. Niks is vir my slegter as ʼn slaai wat so grof saamgestel is dat jy ʼn hele hap komkommer of ui kry nie. Fyn, fyn, fyn is die geheim!” het Armand Aucamp oor dié resep in sy resepteboek gesê.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 kop slaai, fyn gesny
  • 2 groot tamaties, gekap en van die sap uitgedruk
  • ½ rooiui, dun gesny
  • 1 groen soetrissie, fyn gekap
  • ½ komkommer, in skywe en kwarte gesny
  • 2 groot wortels, in skywe en kwarte gesny
  • 1 selderystingel, fyn gesny
  • 2 sprietuie, fyn gesny
  • 2 murgpampoentjies, in dun skywe gesny
  • olyfolie
  • 100 g feta
  • 1 E pampoensade
  • 1 E sesamsade
  • 1 E sonneblomsade
  • 1 E vlassade
  • 1 suurlemoen se sap
  • varsgemaalde sout en peper

Metode

  1. Plaas al die bestanddele, behalwe die feta, sade en sap in ’n groot mengbak.
  2. Meng alles goed saam.
  3. Plaas in ’n slaaibak, krummel die feta by, drup nog olyfolie en die suurlemoensap oor en strooi laastens die sade oor. Geur met varsgemaalde sout en peper. Letterlik so maklik soos 1, 2, 3.

WENK: Voeg gerus ’n blikkie tuna of oorskiet steak by as jy dit ’n hoofmaal wil maak.

Bron: Armand kook kaal

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mornay ·

Mmmhh lyk baie leker en gesond nooi net genoeg hasies en voeltjies ook

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.