Soorte resepte:

[Resep] Gebraaide groenmielies met botter

Mielies

Gebraaide groenmielies met botter Foto: Japtrap Braai

Groenmielies en botter is ʼn wenkombinasie. Voeg gerookte paprika of brandrissie by vir skop.

Genoeg vir 6

Bestanddele:

  • 6 groenmielies, nog in hul blare
  • 125 g sagte botter
  • 2,5 ml (1/2 t) gerookte paprika
  • 5 ml (1 t) sout
  • 1 klein rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
  • ʼn handvol pietersielie, fyngekap

Metode:

  1. Maak mielieblare los sonder om dit heeltemal af te trek. Spoel af en druk droog. Vou weer die blare oor die mielies.
  2. Meng botter, paprika, sout, brandrissie en pietersielie. Rol die mengsel in ʼn rol so dik soos wors en draai dit in kleefplastiek toe. Vries vir 15 minute totdat dit net-net begin hard word. Sny in skyfies en plaas die gegeurde botterskyfies tussen die blare en die mielie, direk teen die mieliepitte.
  3. Draai die mielies in aluminiumfoelie toe en braai vir 20 minute, of totdat die mielies sag is. Haal aluminiumfoelie af en braai vir die laaste 5-10 minute. Sit net so voor of as bykos by vleis of pluimvee.

Bron: Japtrap Braai
Uitgewer: Random House Struik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.