Groenmielies en botter is ʼn wenkombinasie. Voeg gerookte paprika of brandrissie by vir skop.
Genoeg vir 6
Bestanddele:
- 6 groenmielies, nog in hul blare
- 125 g sagte botter
- 2,5 ml (1/2 t) gerookte paprika
- 5 ml (1 t) sout
- 1 klein rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
- ʼn handvol pietersielie, fyngekap
Metode:
- Maak mielieblare los sonder om dit heeltemal af te trek. Spoel af en druk droog. Vou weer die blare oor die mielies.
- Meng botter, paprika, sout, brandrissie en pietersielie. Rol die mengsel in ʼn rol so dik soos wors en draai dit in kleefplastiek toe. Vries vir 15 minute totdat dit net-net begin hard word. Sny in skyfies en plaas die gegeurde botterskyfies tussen die blare en die mielie, direk teen die mieliepitte.
- Draai die mielies in aluminiumfoelie toe en braai vir 20 minute, of totdat die mielies sag is. Haal aluminiumfoelie af en braai vir die laaste 5-10 minute. Sit net so voor of as bykos by vleis of pluimvee.
Bron: Japtrap Braai
Uitgewer: Random House Struik